Understanding Visuele Prikkels in Afrikaans Education Presentations

tirandaapril2002 27 views 8 slides Oct 27, 2025
Slide 1
Slide 1 of 8
Slide 1
1
Slide 2
2
Slide 3
3
Slide 4
4
Slide 5
5
Slide 6
6
Slide 7
7
Slide 8
8

About This Presentation

In this presentation, we explore the concept of visuele prikkels (visual stimuli) and how they influence learning and communication in Afrikaans. The slides explain different examples of visual stimuli and how they can be used effectively in education.


Slide Content

AFRIKAANS HUISTAAL:GRAAD10 ANALISEER VISUELE TEKSTE /SPOTPRENTE

WAT IS N SPOTPRENT/VISUELE TEKS? WAAROM DINK JY GEBRUIK MENSE DIT?

DOELWITTE VAN HIERDIE LES: Aan die einde van die les moet die leerder in staat wees om : Die definisie van spotprente en doel daarvan te verstaan . Die doel en boodskap van die visuele teks te identifiseer en dit verduidelik . Verskillende visuele elemente afsonderlik te beskryf en hul funksies teverduidelik ( soos kleurgebruik , lettertipes-en grotte , simbole , gesigsuitdrukkings en liggaamstaal ). Te analiseer hoe die visuele elemente saamwerk met die woorde in die teks om betekenis en emosie oor te dra . Die teikengroep van die spotprent te identifiseer .

HOE OM N SPOTPRENT TE ANALISEER? Wat is die inhoud van die visuele teks (wat wys dit jou , wat gebeur in die prent , wat is die hoofidee wat jy kan aflei )? Indien daar mense in die teks is, wat doen hulle , wat is hulle funksie waar bevind hierdie mense hulself . Bestudeer die mense , diere,voorwerpe , of produkte se gesigsuitdrukking en liggaamstaal . Watter gebare maak hierdie mense ? Kan jy enige afleiding maak t.o.v. die gebruik van ligte en donker kleure in die teks? Die posisie van elke aspek in die visuele teks: wat vertoon die prominentste /wat is in die middel van die visuele teks en waarom is dit daar geplaas? Let op na die afwisseling in lettertipes en –grootte

NB:GEBRUIK BOGENOEMDE PUNTE OM DIE SPOTPRENT TE BESTUDEER!!

Opsomming van die visuele teks … Die visuele teks is 'n spotprent wat 'n situasie uitbeeld waar 'n persoon (waarskynlik 'n student) oorweldig word deur 'n groot hoeveelheid studiemateriaal en verskeie hulpmiddels wat bedoel is om te help met leer. 'n Ander persoon( die ma) spreek kommer uit oor die eerste persoon se gebrek aan vordering met hul studies. Die herhaling van "NIKS, NIKS HELP NIE" beklemtoon die persoon se gebrek aan sukses, ten spyte van verskeie pogings. Die prent suggereer dat die persoon wat probeer studeer, dalk meer fokus op eksterne hulpmiddels en afleidings (soos energiedrankies, musiek, ens.) as op die daadwerklike studeerwerk. Dit kan dui op 'n vorm van prokrastinasie of 'n onwilligheid om die moeilike taak van leer aan te pak. Die visuele teks kan 'n boodskap oordra dat daar geen kitsoplossings of maklike uitweë is wanneer dit by leer kom nie. Die werklike oplossing is om die materiaal aktief te bestudeer.

KAHOOT SPELETJIE

DIE EINDE, BAIE DANKIE VIR JULLE SAMEWERKING GRAAD 10, ONTHOU JY SAL DIE VRUGTE PLUK EENDAG!!