HOE OM LETTERKUNDE (FIELA SE KIND) TE BENADER Saamgestel deur Anelda Clark Jeppe High School for Boys
Drama Hoofteks: Dialoog Neweteks/subteks: Toneelaanwysings Dramaturg Skrywer van ‘n drama Toneelaanwysings Indentifiseer: skuinsdruk / hakies / begin en einde van ‘n toneel
Struktuurelemente B ou van die drama
Bou van die drama Uiteensetting - bl. 42-48 Motoriese moment ( Moment wanneer spanning begin ) - Sensusmanne daag op by Wolwekraal. Sien vir Benjamin en besluit hy moet Knysna toe gaan - bl. 49-51 Ontwikkelingsfase ( Verdere verloop van die drama ) - Fokus is op Benjamin se lewe in die bos. Fiela probeer hom terugkry - bl.52-110 Krisisfase ( Wanneer ‘n wending plaasvind ) - Barta dui aan Benjamin is Lukas en magistraat neem besluit dat hy moet bos toe gaan saam met sy ouers. - bl.68 Klimaks ( Wanneer die botsing ‘n breekpunt bereik ) - Barta erken sy het die verkeerde kind uitgewys. - bl. 113 Ontknoping ( Konflik word opgelos ) - Benjamin neem die naam Benjamin en gaan terug Lange Kloof toe. - bl. 116
Bedrywe Bedryf 1 Tydperk van 9 jaar vanaf Lukas se verdwyning. Benjamin se verblyf by die Komoeties totdat die sensusmanne opdaag en hom later kom haal om magistraat toe te neem. (Benjamin is 12) Bedryf 2 Fokus op die uitkenning van Benjamin as Lukas. Sluit Lukas se grootwordjare by die Van Rooyens in. Bedryf 3 Tydsprong van 7 jaar. (Nina is 17 en Lukas 19) Lukas se stryd om sy ware identiteit te vind.
Titel : Fiela se kind Watter inligting kan leerders vanuit die titel aflei? Dit gaan oor ‘n kind - hoofkarakter Fiela is die ouer - newekarakter Voorspelling van hoe die drama gaan eindig
Karakters Hoofkarakter = Benjamin Komoetie / Lukas van Rooyen Newekarakter = Fiela Komoetie
Karakterisering (Tegniek van dramaturg om inligting oor karakters te gee) - Dialoog - Naamgewing - name kan karakters beskryf - Optrede tydens ‘n botsing/konflik - Direkte voorstelling deur verteller - Indirekte uitbeelding - verhouding tussen karakters/interaksie
Benjamin Komoetie / Lukas van Rooyen Hoofkarakter Ook die buitestander - pas nie in nie Word deel van Komoeties as 3 jarige kind Liefde vir skuitjies - Selling help hom om dit te maak Sensusmanne neem hom magistraat toe op die ouderdom van 12 Naam verander na Lukas van Rooyen en bly saam met die Van Rooyens - veroorsaak innerlike konflik Op 19 maak hy hom los van die Bos - voel aangetrokke tot die see en wil ‘n roeier word. Hy wil uitvind wie hy is. Ontwikkel gevoelens vir Nina. Fiela: “sou bloed bloed gekeer het”. Gaan terug Bos toe om antwoorde by Barta te kry. Tweede keer vertel sy eers die waarheid. Hy besluit sy naam is Benjamin Komoetie - Fiela se kind.
Fiela Komoetie Newekarakter Sterk, hardwerkend, opreg, eerlik, trots, fluks, gelowig Goeie ma wat kinders opvoed - leer lees en leer van die Bybel. Fiela ervaar konflik - sensusmanne neem vir Benjamin weg. Voel die sisteem is onregverdig - sy is lief vir hom ten spyte van die kleurverskil. Sy loop 2 keer magistraat toe om inligting te kry oor Benjamin Besigheidsvrou - koring, mielies, groente, skape en ‘n melkbok. Verder het sy ook 2 volstruise gekry. Sorg vir haar kinders - koop land, bêre iets in die trommel vir die dogters. Fiela se teenpool en antagonis is Barta van Rooyen.
Selling Komoetie Fiela se ondersteunende man. Swak/sieklik, maar dra steeds by tot die familie - (brei velle) maak swepe, skoene en karwatse. Lief vir Benjamin - help skuitjies maak, hou die pad dop vir Benjamin, leer Benjamin om te roei. Met Benjamin se terugkeur verwys hy na die Bybel (verlore seun) Hy voel aan dat iets nie reg is met Benjamin toe hy teruggekeer het na Wolwekraal.
Elias van Rooyen Eienskappe: liefdeloosheid, gewelddadigheid Lui, ambisieloos, bitter en skelm Wil vinnig ryk word - wil olifanttande verkoop. Kinders moet werk - alle geld gaan terug na Elias toe. Nie ‘n goeie vaderfiguur nie - verwys na kinders as “maaksels” Rassisties - wil “bruinheid” uit Lukas uit, verwys na Fiela as ‘n “bruinvel”. Lukas van Rooyen se antagonis. Elias is Selling se teenpool. Barta van Rooyen Swak, onseker, verskrik Kies die verkeerde kind, want sy word intimideer deur die Lange - nagevolge vir Benjamin en die Komoeties is drasties Beskerm nie haar kinders teen Elias se geweld nie.
Nina van Rooyen Buitestander onder haar eie mense. Boskind - ken die bos, die diere en geluide goed. Vlug vanaf Elias se mishandeling en haar omstandighede. Hardkoppig, sterk wil Voel aangetrokke tot Lukas en leer hom van die Bos. Moes gaan werk in die dorp - positiewe invloed (Miss Weatherbury) - leer maniere en om ‘n dame te wees. Word selfstandig - geld gaan nie meer na Elias toe nie.
Milieu - Ruimte en tyd vorm saam die mileu - Knysnabos en Lange Kloof van negentiende eeu Vertelde Tyd: 1865 tot 1882 (17 jaar) Verteltyd: 2 uur op verhoog.(3 Bedrywe)