Watter liggaamsdeel het weefsel wat soos die lyk ? RAAI DIE PRENTJIE
Wetensakplikes maak gebruik van die ligmikroskoop om hierdie prentjies te kan sien , deur dit te vergroot . Long weefsel Raai die prentjie
Die ligmikroskoop
Selle van lewe STAMSELLE ROOIBLOEDSELLE WITBLOEDSELLE BEENSELLE BAKTERIELE SELLE AMOEBA PROTEUS
'n Sel is die kleinste eenheid van 'n lewende wese. Dit is die basiese bousteen van alle lewende organismes. Geskiedenis van die sel plantsel diersel
Geskiedenis van die sel Mid 1600 ANTONIE VAN LEEWENHOEK Eerste mikroskoop waarmee ‘n sel waargeneem is Mid 1600 ROBERT HOOKE Sterker mikroskoop en sien verskeie soort selle
Selteorie Alle organisms bestaan uit 1 of meer selle . Selle is die kleinste eenhede van lewe Alle selle kom vanaf reeds bestaande selle
1. PROKARIOTIESE SELLE GEEN ORGANELLE MET MEMBRANE OMRING NIE GEEN ORGANELLE AFWESIGE SELKERN
2. EUKARIOTIESE SELLE Bevat organelle oring deur ‘n selmembraan . Ware selkern : Genetiese material deur membraan omsluit https://www.youtube.com/watch?v=zZtcMBTQaS4 https://www.youtube.com/watch?v=URUJD5NEXC8&t=294s
Hoofkomponente van die plant en diersel …. Mense het byne 37.2 trilljoen selle ! Mense is meersellige organismes Selwand – Primere selwand - Sekondere selwand Sitoplasma Selmembraan
DIE SELWAND Middellamella : Skei een sel van ‘n ander . Dit is ‘n dun membraanagtige laag aan die buitekant van die sel en bestaan uit ‘n taaierige stof , naamlik pektien . Primˆere selwand : Is aan die binnekant van die middellamella en bestaan hoofsaaklik uit sellulose . Sekondˆere selwand : Is langs die selmembraan . Dit bestaan uit ‘n dik , sterk laag van sellulose wat aanmekaar gehou word deur ‘n harde , waterondeurlaatbare stof naamlik lignien . Dit word slegs gevind in selle wat meganiese ondersteuning bied in plantselle . https://www.youtube.com/watch?v=xGEoK8kRNoQ
• Beskerm inwendige dele dit maak die plantselle ‘n meer eenvormige en reëlmatige vorm en verskaf ondersteuning aan die plantliggaam . • Selwand is totaal deurlaatbaar vir water en minerale soute . Dit maak die verspreiding van voedingstowwe deur die plant moontlik . • Die openinge in die selwand word plasmodesmata genoem . Plasmodesmata bevat stringe sitoplasma en verbind aangrensende selle . Dit laat interaksie tussen selle toe en laat molekules toe om tussen selle te beweeg . FUNKSIES VAN DIE SELWAND
•Die selmembraan staan ook as die plasmamembraan bekend en skei die intrasellulˆere ruimte ( alles binne die sel ) van die ekstrasellulˆere omgewing ( alles buite die sel ). Selmembrane bestaan uit ‘n dubbellaag fosfolipiede , ‘n spesiale soort lipied (vet). Fosfolipiede bestaan uit ‘n hidrofiliese ( hou van water) kop en ‘n hidrofobiese (bang vir water) stert . Die hidrofiliese kop van die fosfolipied is polˆer en kan dus oplos in water. Die hidrofobiese stert bestaan uit nie-polˆere vetsuurkettings en kan nie oplos in water nie DIE SELMEMBRAAN
Alle interaksie en uitruilings tussen die sel en sy omgewing word deur die selmembraan gefasiliteer. Die selmembraan is selektief deurlaatbaar en laat ione (bv waterstof, natrium), klein molekules (suurstof, koolstofdioksiek) en groter molekules (glukose, aminosure) toe om heen en weer tussen die sel en sy omgewing te beweeg. Die beweging van stowwe oor die membraan, in en uit die sel, word streng beheer. Osmose, diffusie, afskeidings en die vervoer van voedingstowwe word almal so beheer. Selmembrane is ook betrokke by ingestie (opname) prosesse. Die selmembraan is sterk genoeg om die sel meganies te ondersteun, maar buigbaar genoeg om die sel toe te laat om te groei en te beweeg. DIE SELMEMBRAAN
BEWEGING OOR DIE MEMBRAAN Diffusie Diffusie is die beweging van stowwe vanaf ’n omgewing met ’n hoë konsentrasie van die stof, na ’n omgewing met ’n lae konsentrasie van die stof. Diffusie word dus gedryf deur ’n afnemende konsentrasiegradiënt . Die diagram hieronder toon die beweging van opgeloste deeltjies binne in ‘n vloeistof totdat dit eweredig versprei is. https://phet.colorado.edu/sims/html/diffusion/latest/diffusion_all.html PASSIEWE PROSES
BEWEGING OOR DIE MEMBRAAN OSMOSE Osmose is die beweging van water vanaf ’n omgewing met ’n hoër waterpotensiaal na ’n omgewing met ’n laer waterpotensiaal, oor ’n semi-deurlatende membraan wat die twee omgewings skei. Die water beweeg altyd langs ’n konsentrasiegradiënt af, met ander woorde van ’n hoër waterpotensiaal (verdunde oplossing) na ’n laer waterpotensiaal (gekonsentreerde oplossing). PASSIEWE PROSES https://www.youtube.com/watch?v=-ZwXUrZolD0&t=43s
BEWEGING OOR DIE MEMBRAAN GEFASILITEERDE DIFFUSIE Gefasiliteerde diffusie is ’n spesiale vorm van diffusie wat die vinnige uitruil van spesifieke stowwe moontlik maak . Deeltjies word opgeneem deur draerprote¨ıene wat as gevolg daarvan hulle vorm verander . Hierdie verandering in vorm veroorsaak dat die deeltjies aan die anderkant van die membraan vrygelaat word. Gefasiliteerde diffusie kan slegs oor lewende , biologiese membrane wat draer-proteïene bevat , plaasvind . ’n Stof word deur ’n draer-prote¨ıen vervoer vanaf ’n area met hoë na ’n area met lae konsentrasie totdat dit eweredig versprei is. Beweging is langs ’n konsentrasiegradiënt af .
BEWEGING OOR DIE MEMBRAAN OSMOSE In biologiese sisteme is osmose belangrik vir die oorlewing van plant- en dierselle .
BEWEGING OOR DIE MEMBRAAN AKTIEWE VERVOER Aktiewe vervoer is die beweging van stowwe teen ’n konsentrasiegradi¨ent, van ’n omgewing met lae konsentrasie na ’n omgewing met ho¨e konsentrasie deur gebruik te maak van ’n inset van energie. In biologiese stelsels is die vorm waarin hierdie energie voorkom adenosien trifostaat (ATP). Die proses vervoer stowwe deur ’n membraanprote¨ıen. Die beweging van stowwe is selektief deur middel van die draerprote¨ıene en kan in of uit die sel geskied. https://www.youtube.com/watch?v=5asMngTQqxQ&t=135s
Sitoplasma is die deel van die sel wat binne die selmembraan is en sluit nie die nukleus in nie. Nukleoplasma is die stof van die selnukleus, met ander woorde alles binne die nukleus wat nie deel van die nukleolus is nie. Protoplasma is die kleurlose materiaal wat die lewende deel van die sel opmaak, insluitend die sitoplasma, nukleus en ander organelle. Sitoplasma : • Gedeeltes van die sitoplasma is in ‘n vloeibare toestand terwyl gedeeltes in ‘n jellieagtige toestand is. • Dit bevat opgeloste voedingstowwe en afvalstowwe. • In eukariotiese selle word al die organelle in die sitoplasma aangetref , behalwe die kernliggaampie ( nukleolus ) wat in die nukleus aangetref word. Funksies van die sitoplasma • Die sitoplasma berg stowwe . • Sirkulering van stowwe vind plaas deur beweging van die sitoplasma PLASMA
Nukleus / selkern • Die nukleus bestaan uit ‘n dubbele membraan met porieë , die nukleoplasma , die nukleolus en ineengestrengelde drade naamlik die chromatiennetwerk . • Die chromatiennetwerk verkort en verdik om chromosome te vorm wanneer die sel verdeel. Funksies van die selkern / nukleus • Die nukleus beheer die aktiwiteite van die sel. • Die chromosome dra die erflikheidseienskappe. NUCLEUS
MITOCHONDRIA Mitochondria: • Mitochondria kom verspreid in die sitoplasma van plant-en dierselle voor. • Dit is silindries en word omsluit deur ‘n dubbele membraan. • Die binneste membraan besit invouings wat krista genoem word. • Die kristas vergroot die interne oppervlakte van die mitochondrion waar chemiese reaksies plaasvind. • Die mitochondrion is gevul met ‘n halfvloeibare stof, die matriks. Funksie van die mitochondrion • Die mitochondria stel energie vry tydens selrespirasie
Ribosome Ribosome: • Ribosome is klein ronde strukture wat in plant-en dierselle voorkom. • Ribosome mag enkel of in groepe in die sitoplasma voorkom of mag aan die endoplasmiese retikulum geheg wees en so growwe endoplasmiese retikulum vorm . • Dit bestaan uit RNA/RNS en proteïene. Funksie van die ribosome • Ribosome is die plek waar proteïensintese plaasvind.
Endo- plasmatiese ritikulum Die ER is ‘n membraannetwerk wat in plant-en dierselle voorkom. • Daar is twee tipes ER naamlik Growwe ER (besit ribosome op die oppervlak) en Gladde ER (besit geen ribosome op die oppervlak nie). Funksie van die ER: • Die ER vervoer stowwe van een deel van die sitoplasma na ‘n ander.
Golgi- liggaam Die Golgi-liggaam bestaan uit stapels plat membraansakkies wat sisternums genoem word. • Dit kom in plant-en dierselle voor. Funksies van die Golgi -liggaam: • Die Golgi-liggaam speel ‘n rol in die vervaardiging en prosessering van sekresies soos bv. mukus en speeksel. • Dit berei proteïene voor vir vervoer na ander dele van die sel
PLASTIEDE • Chloroplaste word hoofsaaklik gevind in die fotosinterende dele van ‘n plant bv. die blare. • ‘n Chloroplast word omring deur ‘n dubbele membraan. • ‘n Vloeistof matriks, die stroma, vul die chloroplast. • In die stroma is skyfvormige membrane, bekend as die lamelle of tilakoïede. • Die lamelle vorm stapeltjies, die grana. • Die chlorofil (groen pigment) is ingebed in die lamelle. Leukoplaste is kleurlose plastiede wat veral voorkom in selle wat voedsel berg bv. in aartappels. Funksies van die plastiede • Die proses van fotosintese vind in die chloroplaste plaas. • Chromoplaste gee die geel, oranje en rooi kleure aan blomme, blare en vrugte. • Leukoplaste stoor voedsel . Chromoplaste : • Chromoplaste kom in geel , oranje en rooi blomme , blare en vrugte voor . • Dit bevat kleurstowwe wat karotenoïede genoem word. Plastiede kom slegs in plantselle voor . • Daar is 3 tipes plastiede naamlik chloroplaste, chromoplaste en leukoplaste CHLOROPLASTE LEUKOPLASTE CHROMOPLASTE
VAKUOLE Vakuole is vloeistofgevulde organelle wat in die sitoplasma van meeste plantselle voorkom maar dit is klein of heeltemal afwesig in dierselle. • ‘n Vakuool word omring deur ‘n selektief- deurlatende membraan naamlik die tonoplast . • Vakuole is gevul met ‘n vloeistof naamlik selsap wat uit water, mineraalsoute, suikers en aminosure bestaan. Funksies van die vakuole • Die vakuool speel ‘n belangrike rol in vertering en ekskresie van sellulêre afvalstowwe en die berging van water en organiese en anorganiese stowwe. • Die vakuool neem water op en verloor water deur osmose in reaksie op veranderinge in die sitoplasma, sowel as in die omgewing rondom die sel. • Die vakuool is ook verantwoordelik vir die handhawing van die vorm van plantselle. Wanneer die sel vol water is, oefen die vakuool ‘n druk na buite uit en druk die selmembraan teen die selwand. Die druk word turgordruk genoem. Ander tipes vakuole : Vesikels – klein sferiese sakkies wat metabolisme, vervoer en berging van stowwe fasiliteer. Lisosome – klein vesikels , hoofsaaklik in dierselle , wat gevul is met verteringsensieme . Die kragtige ensieme kan selstrukture en voedselmolekule soos koolhidrate en proteïene verteer .
VERSKILLE TUSSEN PLANT EN DIERSELLE PLANTSEL DIERSEL Selwand aanwesig Selwand ontbreek Plastiede aanwesig Plastiede ontbreek Groot vakuool aanwesig Vakuole klein of afwesig
Resource Page Use these icons and illustrations in your Canva Presentation. Happy designing! Don't forget to delete this page before presenting.