Graad 7 Termyn Drie WEEK DRIE EN VIER WEEK DRIE EN VIER
Luister en Praat Projek
Datum L & P – Fase 1 – Navorsing vir Projek Luister na en bespreek die navorsingsgedeelte van die letterkunde projek . Wat is navorsing ? Hoe doen ons navorsing ? Navorsingsvrae Hoe om ‘n bronnelys op te stel . Skryf in julle boeke af .
Luister en Praat
Datum L & P – Hardoplees van ‘n volksverhaal Die Slanghoofman (ASG bl 44 – 45) (taal en begrip) Kriteria Ja Nee Ek het hard en duidelik gelees . Ek het die woorde korrek uitgespreek . Ek het die volksverhaal met gevoel gelees .
Lees en Kyk
Datum L & K – Kenmerke van ‘n Volksverhaal ‘n Pot sop Letterkunde boek
Wat is ‘n Volksverhaal ? Volksverhale word behou oor generasies . Hierdie verhale handel gewoonlik oor gewone mense wat swaarkry en oorwin . Volksverhale gaan oor tradisies , oortuigings en waardes wat tydloos is. Volksverhale word in alle samelewings vertel om luisteraars op te voed en om kultuur te bewaar .
‘n Pot Sop Vandag gaan ons ‘n volksverhaal lees !
Pre-Lees
Gedurende Lees
Post-lees Onthou - Elke volksverhaal het ‘n storielyn! Begin Wie ? ( Karakters ) Waar ? ( Plek ) Wat? ( Konflik / Probleem ) Middel Klimaks van Konflik / probleem Einde Resolusie – Konflik / probleem word opgelos
Naam : Emosies ( voel ): Karaktereienskappe : Hoe lyk die karakter ? Karakter – Begin Karakter – Einde Onthou - Elke volksverhaal het karakters!
Wat is die boodskap/les in die volksverhaal?
Datum L & K – Lees ‘n Volksverhaal ‘n Pot Sop Please write the following questions in black pen and answer in blue pen: Wie is die karakters in die volksverhaal ? Waar vind die storie plaas ? Watter probleem het die soldate gehad ? Watter probleem het die dorpenaars gehad ? Watter kos het die dorpenaars weggesteek ? Wat was die plan wat die soldate gemaak het? Wat was die les van die volksverhaal ?
MEMO Datum L & K – Lees ‘n Volksverhaal ‘n Pot Sop Wie is die karakters in die volksverhaal ? Die karakters in die volksverhaal is die drie soldate en die dorpenaars . 2. Waar vind die storie plaas ? Die storie vind plaas in ‘n dorp . 3. Watter probleem het die soldate gehad ? Die soldate het drie dae laas geëet en was rasend honger . 4. Watter probleem het die dorpenaars gehad ? Die dorpenaars het min kos gehad en wou nie met die soldate deel nie . 5. Watter kos het die dorpenaars weggesteek ? vleis , melk , wortels , kool , gort en aartappels
MEMO Datum L & K – Lees ‘n Volksverhaal ‘n Pot Sop 6. Wat was die plan wat die soldate gemaak het? Die soldate het die dorpenaars bedrieg om hulle kos met hulle te deel . Hulle het klipsop gemaak . 7. Wat was die les van die volksverhaal ? Die les van die volksverhaal is om nie inhalig te wees nie . As jy met mense deel , dan kom dit altyd terug na jou .
Datum L & K – Vergelyk en Kontrasteer twee volksverhale Vergelyk die volksverhaal “Die Pot Sop” en die “Die Slanghoofman ”. Vind ten minste drie verskille en twee ooreenkomste .
‘n Pot Sop Die slanghoofman
Lees en Kyk Projek
Datum L & K – Fase 1 – Navorsing van Projek Lees en soek inligting oor die navorsingstaak Lees die navorsing wat skool toe gebring is. Soeklees / vluglees vir die inligting om die vrae te beantwoord . Onderstreep die nodige inligting . Gebruik ‘n woordeboek om onbekende woordeskat op te soek . Plak in julle boeke in.
1 . Wanneer is Pieter Willem Grobbelaar gebore ? (1) 2. Waar was Pieter Willem Grobbelaar gebore ? (1) 3. Waneer is Pieter Willem Grobbelaar oorlede ? (1) 4. Gee inligting oor Pieter Willem Grobbelaar se vrou en kinders . (2) 5. Wat was Pieter Willem Grobbelaar se eerste werk na skool ? (1) 6. Waar het hy gewerk ? (2) 7. Noem drie van Pieter Willem Grobbelaar se bekendste boeke . (3) 8. Waar het hy gewerk toe hy ‘n professor was? (1) 9. Watter twee pryse het Pieter Willem Grobbelaar gewen ? (2) Navorsingsvrae
Taal
WOORDORDE Party sinne kan op meer as een manier geskryf word. Lees hierdie sin: ‘n Mens kry soms vreemde troeteldiere . Jy kan hierdie sin ook met soms begin: Soms kry ‘n mens vreemde troeteldiere . Kan jy sien ? Soms en ‘n mens ruil nou plekke . Die werkwoord kry bly op dieselfde plek . Hierdie sin se woordorde is verkeerd : Soms ‘n mens kry vreemde troeteldiere .
Datum Taal – Woordorde Daar was eenmaal ‘n vrou met die naam Lerato. Eenmaal was daar … Sy het baie jare lank in ‘n huis langs die bos gewoon . Baie jare lank het … 3. ‘n Man bring op ‘n dag ‘n renosterkalfie na haar toe. Lerato besluit dadelik om die kalfie te hou . Sy gee elke dag vir die kalfie melk en kos. Sy het uiteindelik ook ‘n troeteldier in haar huis. Hy sal miskien nie vir ewig ‘n troeteldier bly nie . Hy sal eendag seker teruggaan bos toe. Skryf die storie oor . Begin elke sin met die woorde in vet druk .
MEMO Datum Taal – Woordorde Daar was eenmaal ‘n vrou met die naam Lerato. Eenmaal was daar ‘n vrou met die naam Lerato. Sy het baie jare lank in ‘n huis langs die bos gewoon . Baie jare lank het sy in ‘n huis langs die bos gewoon . ‘n Man bring op ‘n dag ‘n renosterkalfie na haar toe. Op ‘n dag bring ‘n man ‘n renosterkalfie na haar toe. Lerato besluit dadelik om die kalfie te hou . Dadelik besluit Lerato om die kalfie te hou . 5. Sy gee elke dag vir die kalfie melk en kos. Elke dag gee sy vir die kalfie melk en kos. 6. Sy het uiteindelik ook ‘n troeteldier in haar huis. Uitendelik het sy ook ‘n troeteldier in haar huis.
MEMO Datum Taal – Woordorde Hy sal miskien nie vir ewig ‘n troeteldier bly nie . Miskien sal hy nie vir ewig ‘n troeteldier bly nie . Hy sal eendag seker teruggaan bos toe. Eendag sal hy seker teruggaan bos toe.
Jannie eet die koekies . Jannie sal die koekies eet . Jannie het die koekies geëet . Kom ons oefen …
Datum Taal – Lydende en Bedrywende Vorm SG bl. 34 - 35 Disney Channel wys Teen Beach Movie . Die meisie kyk die fliek . Die seun ry die fiets . Die kinders dans ‘n lekker Macarena . Die meisies het die fliek geniet . Die akteurs het sonbrandroom aangesmeer . Die seuns het roomys geëet . Tieniermeisies sal Teen Beach Movie kyk . Butchy sal baie kos eet . Die fliek sal baie geld maak .
Datum Taal – Lydende en Bedrywende Vorm MEMO 1. Disney Channel wys Teen Beach Movie . Teen Beach Movie word deur Disney Channel gewys . 2. Die meisie kyk die fliek . Die fliek word deur die meisie gekyk . 3. Die seun ry die fiets . Die fiets word deur die seun gery . 4. Die kinders dans ‘n lekker Macarena . ‘n Lekker Macarena word deur die kinders gedans . 5. Die meisies het die fliek geniet . Die fliek is deur die meisies geniet . 6. Die akteurs het sonbrandroom aangesmeer . Sonbrandroom is deur die akteurs aangesmeer .
Datum Taal – Lydende en Bedrywende Vorm MEMO 7. Die seuns het roomys geëet . Roomys is deur die seuns geëet . 8. Tieniermeisies sal Teen Beach Movie kyk . Teen Beach Movie sal deur tienermeisies gekyk word . 9. Butchy sal baie kos eet . Baie kos sal deur But chy geëet word . 10. Die fliek sal baie geld maak . Baie geld sal deur die fliek gemaak word .
Skryf en Aanbied Projek
Datum S & A – Navorsing van Projek Voltooi navorsing gedeelte ( Fase 1) van Letterkunde Projek .
Navorsing notas : Navorsing Notas : Skryf jou notas oor die elemente van ‘n gedig Skryf jou notas oor die digter Pieter Willem Grobbelaar