Dáe Vlakteë áë dáe tweede Dogteê.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die Vlaktes ontstaan het.
Ons ou verteller het die Grond altijd ’Kaun genoem—dis so na as ons die uitspraak kan
opskrijwe, want bijna iedere Boesmanwoord word met ’n klik van die tong uitgespreek, en
daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b, c nie toereikend is nie.
Die tweede Dogter van ’Ga en ’Gagen het met haar man in hutte van matjiesgoed
gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te maak. Die betowerende invloed
van die snoer kalbassies wat om haar nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in
haar buurte laat groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.
Die snoer van kalbassies het gemaak dat ’Kaun , die tweede Dogter, glad nie lus vir vleis
gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het ’n oorvloed van eetbare veldvrugte en
veldwortels gegroei, sodat sij nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar
ook lui gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou doen nie.
Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan jag en het genoeg wildvleis vir
hom en hulle kind gebring; maar vir ’Kaun moes hij altijd net veldkos bring.
Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos te gaan soek, kom daar ’n Boom, wat aan
die kind vra waar sij ma, ’Kaun , is. Hij sê dat ’Kaun ’n snoer kalbassies om haar nek
dra, waarvan die touwtjie waarmee dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam
van sij broer gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer wil
doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee te gaan reg dokter.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook een van die mense
van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met ’n hele Houtbos van Bome sal kom om
die touwtjie van ’Kaun haar nek af te skeur.
Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom gesê het, hij
soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te gaan nie, want sij ma is bang.
Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te gaan haal, sodat
hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome hulle op een plek vaskeer nie.
Die volgende dag kom daar ’n hele Houtbos aan saam met die Boom en hulle stel weer
hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies om ’Kaun haar nek gebind was, te
krij. Die man weier, en die Bome, met ’n groot gedruis, word net opstandig en maak ’n
lawaai.